Nuwe tuiste vir enige opinie: Die Afrikaanse opinieplatform

Na die sluiting van Nuus24, waar ek voorheen geblog het, ek ‘n Die Afrikaanse opinieplatform gestig. Ook ander Nuus24-bloggers sal daar skryf. Ons bondel hier ons kragte. Gaan gerus lees op http://opinieplatform.wordpress.com/.

Vir nuwe artikels van my kant sien: http://opinieplatform.wordpress.com/author/i90christian/

Soms – sal ek hier bly blog. Maar dit sal eerder seldsaam wees as gereëld. Ek hoop u weer op Die Afrikaanse opinieplatform te sien! Dankie vir die lees op Die Nederlandse siening.

Die Afrikaanse opinieplatform – tuiste vir enige opinie

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Redakteursnota: ‘n nuwe opinieplatform

Ook ek sal in die toekoms – saam met ander skrywers – hier gaan blog! #Opgewonde

Die Afrikaanse opinieplatform

Dit is die amptelike bekendstelling van die Afrikaanse opinieplatform! Dit is ‘n fonkelnuwe tuiste vir Afrikaanse opinies, herstel: ALLE Afrikaanse opinies.

Nadat Nuus24 gesluit het, is daar groot moeilikheid vir skrywers wat oor serieuse onderwerpe wil skryf. Daarom is vandag die Afrikaanse opinieplatform gelanseer.

Ons wil ‘n hoë mate van toeganklikheid bied vir skrywers én lesers. Ons wil in kuberomgewing met respek met mekaar debatteer oor tal van kwessies.

Ook jy is genooi om te skryf. Kontak ons via Twitter of e-pos. Artikels kan ook direk na afrikaanseopinie [@] gmail [.] com gestuur word. Dit kan verseker ‘n moontlikheid wees as byvoorbeeld een van ons skrywers ‘n artikel geskryf het, waar jy glad nie mee saamstem nie. As jy ‘n goeie inhoudelike reaksie na ons e-pos, sal ons dit op die webwerf plaas.

Maar ook jy kan ‘n vaste skrywer wees. Stuur jou aanmelding na ons e-posadres: afrikaanseopinie [@]…

View original post 7 more words

Posted in Uncategorized | Lewer kommentaar

Afrikanerterrorisme: die storie agter die storie

Steeds hoor ‘n mens weer dat daar weer militante Afrikaners gearresteer is, omdat hulle ’n moordkomplot teen ANC-lede sou beplan. Die polisie arresteer die moontlike daders amper altyd voordat hulle hul dade gepleeg kon het.

Sover ek in Nuus24 se argiewe kon soek (toe dit nog bestaan het), het byvoorbeeld die Boeremag nooit enigiets in ’n politieke konteks gedoen nie. Wel het hulle planne gehad om ANC-leiers te vermoor. Hul planne is oopgevlek voordat hulle dit kon uitvoer. Wel sou hulle ’n boer vermoor het, wat gedreig het hul planne oop te vlek.

Tans is daar weer so’n vermeende militante groep, die “Bloem-groep”, wat daarvan beskuldig word dat hulle planne het om ANC-lede te vermoor (Maroela Media, 19 Julie 2013).

Nou is dit ’n feit dat die Boeremag én die Bloem-groep (nog) niks gedoen het teen die staat. Hul planne moes nog uitgevoer word.

Aan die ander kant gebeur wel dinge. Sedert die nasionale verkiesings in 1994 is daar ongeveer 60 politieke moorde geplee. Soos Daily Maverick en die Mail&Guardian dikwels geskryf het, word talle ANC- en IVP-lede vermoor weens hul idees of bloot om ’n staatspos vry te kry.

Hoe erg is dit dat die polisie daar nie in slaag om hierdie tientalle politieke moorde op te los nie.

Politieke moorde is die ergste tipe moorde wat in ’n demokrasie kan gebeur. In Nederland is daar sedert die onafhanklikheid in 1648 slegs 6 persone weens hul politieke idees vermoor, waarvan 3 sedert 2000. In ’n demokrasie moet jy alles kan sê; dis hoekom vryheid van spraak die hoogste reg is.

Dit is sorgwekkend dat die ANC-regering se polisie daarin slaag om militante Afrikaners voortydig op te spoor en te bereg, maar nie daarin slaag om enige politieke moord binne sy eie politieke geledere op te los nie.

Elke polisieman, spioen en veiligheidswerker weet dit is makliker om moorde op te los as om misdade, wat nog nie gepleeg is nie, oop te vlek en te keer.

Dit lyk of die ANC-regering die polisie gebruik vir politieke doelwitte. Daar is twee wyses waarop ’n mens na die problematiek kan kyk:

  1. Die polisie funksioneer goed en die militante Afrikaners is gearresteer weens hul planne. Maar wat van die politieke moorde op ANC- en IVP-leiers? Word dit weens die ANC se politieke belange weggesteek?
  2. Die polisie funksioneer nouliks en die polisie het nie die moontlikheid om die politieke moorde op ANC- en IVP-leiers op te los nie. Maar wat van die “eersteklas” aanklagte teen die militante Afrikaners? Of is hierdie aanklagte en prosesse slegs vertoonprosesse (show trails)?

Beide antwoorde is baie kommerwekkend: nie net vir die slagoffers in hierdie politieke gekonkel nie, maar vir alle Suid-Afrikaners.

Posted in Uncategorized | Tagged , , , , , , , , , , , | Lewer kommentaar

Lesse vir Naspers

Naspers se strategie vir sy Afrikaanse takke het die laaste jare drasties verander. Die eerste veranderings is klaar deurgevoer en 1 Augustus word nog so ’n slukdag vir Afrikaanssprekendes. Op 1 April het Media24 (hulle beheer Naspers se nuustakke) sy Afrikaanse koerante agter ’n “wonderlike” betaalmuur geplaas. Nou het ek die koerante se webwerwe maar min besoek. Nuus24 en Rapport kon my vir my nuusverslawing behandel. Nuus24 het toe by hoog en laag gesweer hul Afrikaanse nuusdiens sou gratis bly. Nou is dit al uitvoerig op ander platforms berig dat Nuus24 gaan sluit. Regstreekse Afrikaanse nuus word slegs beskikbaar via die koerante se betaalde webwerwe.

Dit klink logies. Waarom sou ’n uitgewer sy eie betaalmuur uitdaag? Dus skuif die amper regstreekse aanlyn nuusverskaffing na die betaalde webwerf! Betaalde nuuswebwerwe is immers nie haalbaar nie en baie het al reeds gesneuwel, maar Naspers/Media24 het ’n taalmonopolie.

Nee, 1 April en 1 Augustus is nie die enigste grootste hervormings in die medialandskap nie. Ook die gebeurtenisse van 1 Julie behoort in die rytjie tuis. Op daardie dag het MK verdwyn van die kassie en aanlyn verder gegaan. Weer kyk Naspers nie goed na die markontwikkelings nie.

Baie musiekkanale in Europa het dieselfde lyn gewandel en het reeds ’n stille dood gesterf. Die Nederlandse TMF het ook so gedink – en hulle was binne 6 maande na die begin van die aanlynstorie bankrot. Regtig niemand het dit gekyk nie – in ’n land met die meeste internetaansluitings per hoof van die bevolking. Van meer as 16 miljoen mense kon amper niemand TMF se nuwe aanlynplek vind nie.

Nes MK was TMF die land se enigste musiekkanaal. Van die 16 miljoen Nederlanders kon maar baie min die aanlynplek vind. Wat van ’n land waar minder as 2 miljoen Afrikaanssprekendes internetaansluiting het en nóg minder ADSL het en nie per sekonde of MB hoef te betaal nie? Naspers laat MK aanlyn sterf.

Toe TMF in 2011 verdwyn het, het ek gehoop dat MK die spasie sou vul en die sprong na Europa (Nederland en Vlaandere) sou waag. Maar nou gaan MK dieselfde pad – die pad na die einde.

In 1995 het Naspers sy televisietakke na Nederland uitgebrei. In 1996 begin MultiChoice Nederland uitsaai. Amper twee jaar later verkoop Naspers die tak aan die Franse Canal+. Nadat de regering die analoë televisiesignaal in 2006 stopgesit het, het CanalDigitaal (voorheen MultiChoice Nederland) die defacto monopolie op televisieontvangs op die platteland. Tot Desember 2012 het CanalDigitaal nog altyd Naspers-tegnologie gebruik. As Naspers MultiChoice Nederland nie verkoop het nie, sou Naspers nou ook ’n monopolie op sateliettelevisie in Nederland hê.

As Naspers sy Nederlandse MultiChoice-tak nie verkoop het nie, kon Naspers nou kosteloos KykNET en MK in ’n goedkope pakket op die Nederlandse kassie aanbied: hoë kyksyfers, hoë advertensieinkomste, kortom, meer moontlikhede vir nog beter televisie in Afrikaans. En moontlik finansiële winste vir Afrikaans se gehele ekonomie.

Feit is dat ’n Nederlandssprekende nie Afrikaans hoef te leer nie, want hy/sy kan dit al verstaan. ’n Nederlandssprekende moet net gewoond raak aan Afrikaans, nes baie Nederlandssprekendes gewoond is aan die verskille tussen hul dialek en die standaardtaal. KykNET is DIE MOONTLIKHEID om die Afrikaanse mark ’n groot ekonomiese impulse te gee. Ondertitels is nie nodig nie. En gesien Naspers se monopolie op dele van die Afrikaanse mark, gaan Naspers seker daarvan profiteer. Kyk na die suksesse van Heintje (in die sestigs) en Jack Parow nou. Kunstenaars soos Kurt Darren, Van Coke Kartel, Nick&Simon, Bittereinder, Jan Smit, Lee Scott en Willem Botha probeer almal dieselfde. Om van die reusesuksesse van Laurika Rauch, Koos Kombuis, Stef Bos, Amanda Strydom, ens. nog nie eers te praat nie. Elke week is daar Afrikaanse kunstenaars wat in Nederland en Vlaandere op die kassie of op die draadloos verskyn.

Naspers is in 1915 opgerig om die Nederlandssprekende Afrikaner te bemagtig en deur kennisoordrag armoede te bestry. Sedert die afskaffing van apartheid het Naspers die verantwoordelikheid ook teenoor ander Afrikaanssprekendes. Amper 100 jaar na sy oprigting is daar nog steeds groot armoede onder Afrikaanssprekendes. Hoewel Die Son opgerig is om ’n minder bemagtigde doelgroep te voorsien, moet Media24 ernstig oorweeg om die gehalte van Die Son te verhoog. Byvoorbeeld deur Die Burger se hoofartikels en agtergrondinligtingartikels ’n week later in Die Son te publiseer. Soos KykNET met KykNET&Kie gedoen het. Mense benodig ’n sekere hoeveelheid betroubare inligting om ’n goeie mening en standpunt te kan inneem. Gefundeerde meningsvorming bevorder bemagtiging. Daar is meerdere wetenskaplike studies van Europa wat uitgewys het dat poniekoerante ’n goeie eerste stap is vir die ontwikkeling burgerbemagtiging. Hoewel poniekoerante burgerbemagtiging ontwikkel, bemoeilik poeniekoerante burgers se daadwerklike deelname aan die demokratiese samelewing. Poeniekoerante gee die inligting (dikwels op ’n poeniewyse…), maar gee nie die handvate om die inligting in die samelewing te kan gebruik nie.

Weens hierdie bemagtingingsredes is dit so sleg dat die Afrikaanse gehalte-nuus (met uitsondering van Rapport?) agter ’n betaalmuur verdwyn. Selfs ek, ‘n “ryk” student van Nederland, kan nie die vereiste 99 rand per maand betaal nie. Ek kan dit net bekostig as ek minder kos koop. Maar regtig, moet ek honger kry omdat ek Naspers se Afrikaanse nuus wil lees? Slegs omdat ek as Nederlander belangstel in Afrikaans en nie die Engelse media wil lees nie?

Afrikaanse gehalte-nuus wordt amper onbereikbaar vir wie dit nie kan betaal nie. Gelukkig gee Herman Toerien elke dag sy kundige opinie op Maroela Media. Gratis en verniet. Hoe sou ek as student anders ’n ingeligte mening oor sake in Suid-Afrika kon ontwikkel?

Naspers se beurskoers is tans die hoogste sedert 2005 en volgens Google Finance is Naspers tans die vierde grootste mediagroep in die wêreld, gemeet volgens markkapitalisasie. In 2012 was Naspers se omset (6,9 miljard U.S. Dollar) 3,8x groter as Mali se landsbegroting van 1,8 miljard U.S. Dollar.

Tans verloor Naspers sy oorspronklike doelgroepe. En baie besighede kry groot finansiële probleme nadat hulle hul oorspronklike doelgroepe verloor het. Naspers moet versigtig wees met die Afrikaanssprekendes. Almal verstaan Afrikaanssprekendes is nie Naspers se enige doelgroep nie. Maar Naspers sal moet erken dat Afrikaanssprekendes hul belangrikste doelgroep is. As Afrikaanssprekendes werklik daarin slaag om Naspers te boikot met Media24 en DStv as grootste slagoffers, kan die besigheid dalk 20% of meer van sy omset (en wins?) verloor.

En om Twitter te vra om rekenings te verban wat oproep tot ’n boikot teen Naspers, gaan nie help nie. Naspers veroorsaak daarmee slegs meer weerstand teen sy eie besigheid.

Luister na jou doelgroep. Vra wat hul wense is en wat hulle wil en besluit met hul menings in gedagte. Leer van hul ontevredenheid. WANT DIE KLANT IS KONING!

Hierdie blog het vroeër vandag as opinie-artikel op Nuus24 se webwerf verskyn.

Posted in Uncategorized | Tagged , , , , , , , , , , , , , , , , | 2 Kommentaar

Wat van die Europese immigrasieprobleme?

Wes-Europese lande sukkel dikwels met Islamitiese immigrante. Buitelanders – veral van Marokko en Turkye – doen die werk, wat Europeërs nie wil doen nie. Sonder om te oordeel, wil ek ‘n oorsig gee van die kulturele/religieuse botsings wat net hierdie week in Swede en Nederland gebeur het – en hoe die Swede en die Hollanders daarop gereageer het.

Laasweek se Saterdagaand was die Eurovisie Liedjiesfestyn (Eurovision Song Contest) in Malmö, Swede. Meer as 100 miljoen mense het die Sweedse kultuur en ‘n aanklag teen Oos-Europese intoleransie en menseregteskendings gesien. Die Sweedse hoofstad Stockholm het egter dieselfde nag gebrand. Buitelandse jeug het in agtergestelde, vergete en “vervalle” woonbuurte, wat in dieselfde staat verkeer as die Pretoriase en Bloemfonteinse middestad, groot skade gemaak tydens proteste/betogings/plundertogte. Dit het ‘n groot skok veroorsaak in Europa, want hoekom kon dit dáár gebeur? Sulke proteste kan dalk in Londen of Parys voorkom, maar nie in ‘n “dorpie” soos Stockholm nie.

Die proteste het aangehou, nie oordag nie, maar slegs in die nag. Na die derde nag het Sweedse inwoners van die woonbuurte die skade herstel en na die vierde nag het inwoners besluit nie die polisie nie, maar húlle sou die immigrante “donder”. Die burgerlike buurtwagte kon nie die vyfde nag se skade keer nie. As een van die immigrante verklaar die skade word net gemaak om uit te vind wie die coolste ou van die woonbuurt is, en nie om die ou, wat 10 dae gelede deur die polisie geskiet, te wreek nie, is Europa én Swede nóg geskok. Laas nag het weer tientalle motors gebrand, die storie word vannag waarskynlik vervolg…

Laas Maandag publiseer die Nederlandse Christelik-linkse koerant Trouw ‘n groot artikel, waarin hulle waarsku vir verdere radikalisering van Moslems in die Schilderswijk in Den Haag. In die woonbuurt is vroue met kort rokkies, varkvleis, alkohol en gays nie welkom nie. Dieselfde dag word ‘n joernalis van De Telegraaf, die land se grootste dagblad, in die woonbuurt aangerand. Die volgende dag, die Dinsdag ná Pinkstermaandag, besoek vise-premier Asscher én Geert Wilders, die leier van die Partij voor de Vrijheid, die woonbuurt. Wilders, wat gewoonlik weens ernstige bedreigings onder beveiliging staan, kry na die aankondiging van sy besoek tientalle doodsbedreigings van linkse Nederlanders én Nederlandse Moslem(s/immigrante). Nadat die alarmklok oor die Schilderswyk gelui is, word ook die alarmklokke in Amsterdam-Wes, die Haagse Transvaalkwartier (naas die Schilderswijk) en die Rotterdamse Afrikaanderbuurt gelui. Maar eintlik is die probleme reeds vir jare bekend.

Vandag “break” dagblad De Telegraaf met ‘n nuwe storie. Nadat Turkse hoërskoolseuntjies in Maart reeds anti-semitiese uitsprake in ‘n TV-program gedoen het, weier die Christelike Paul Krugerschool in die Transvaalkwartier ‘n plakkaat te onthul. Die plakkaat is vir die Joodse kinders van dié (voomalig Joodse) skool wat tydens die Tweede Wêreldoorlog deur die Nazi’s vermoor is. Die Christelike skool is bang hulle word ‘n teiken vir die Islamitiese bure, want in die Transvaalkwartier is die meerderheid immigrante. Van die 19.000 inwoners in die woonbuurt is slegs 10% Nederlands, terwyl die Islamitiese immigrante amper 50% vorm en (veral Christelike) immigrante van ou Nederlandse kolonies 25% is – sommiges van hierdie laaste groep was sedert die sewentiende eeu Nederlandse onderdane, omdat hulle reeds in Nederland gewoon het, voordat hul moederland onafhanklik geword het.

Waar die Schilderswijk “slegs” vergete was, moes die Transvaalkwartier die hoogtepunt van die multikulturele samelewing word. Enkele strate en pleine is hernoem na anti-apartheidstryders. So het die Malanstraat verdwyn as gevolg van sy latere misdade (Malan het die straat gekry vir sy insit vir die Nederlands-Afrikaanse taalbeweging rond 1900) en strate met Mandela en Fisscher is tydens die 80’s ingevoer (sommige van dié veranderings word stadig herroep). Die Transvaalkwartier moes die Suid-Afrikaanse gees van multikulturalisme in Nederland bevorder.

Die Christelike Paul Krugerschool is een van die min Christelike skole in dié woonbuurt, en dit voel dreiging van sy bure. Hoekom? Waar die Paul Krugerlaan, die De la Reyweg (met die grootste Moskee van Nederland naas die De la Reyschool) veilig en goed toeganklik is, is die Steijnlaan, Reitzstraat en die Joubertplantsoen plekke waar ‘n mens in die aande beter nie kan kom nie. Om van die Nelson Mandelaplein, Boerenstraat en Fisscherstraat (waar die Paul Krugerschool staan) nog nie eers te praat nie.

Hoe om die probleme met immigrante en kulturele verskille te takel? Daar word vir miljoene euro’s (tientalle miljoene rande) in die woonbuurt gepomp. Dit help dalk om die straat mooier te laat lyk, maar dit is moeilik om dié mense wat daar woon te verander.

Die oplossings vir die probleme van apartheid was dalk makliker. Die stelsel was verwerplik. Maar hoe om foute en probleme in ‘n stelsel, wat as baie humaan beskou word, reg te stel? Die linkses sê ons moet tolerant wees, dán sal die immigrante ook teenoor ons volkseie minderhede (soos gestremdes, (ander) gelowiges, gays ens.) tolerant word. Werklik? Na meer as 30 jaar bestaan die probleme steeds. Regs sê ons moet die grense sluit. Werklik? Maar dit keer nie die probleme wat reeds in die land bestaan nie.

Mag ons intolerant wees teen ‘n ander se intoleransie? Kan ons dit doen en kan ons tegelyk tolerant bly?

Wie het weet, mag het zeggen. Die saak lyk hopeloos. Die huidige debat ook.

Posted in Uncategorized | Tagged , , , , , , , , , , , , | 13 Kommentaar

Nederlandse Chamberlain-politiek teen ANC gaan nie werk nie

Die buitelandbeleid van die ANC word al kritieser gevolg in Europa. Baie Europese lande, waaronder Nederland, het groot belang by ‘n “westerse buitelandbeleid” van die Suid-Afrikaanse regering.

Maar die laaste jare los die ANC Europa meer en meer as belangrike partner. Die toetreding tot die BRICS-lande, waartoe Suid-Afrika eintlik heeltemal nie behoort nie, omdat hy te klein is en te lae groeisyfers het, die aankoop van olie uit Iran en die vriendelike gepraat met die regerings van China, Venezuela en Cuba maak die westerse lande baie kriewelrig.

Nou ondervind baie Europese lande baie min negatiewe invloede van hierdie beleid. Die meeste lande verloor net ‘n bietjie invloed aan die suidpunt van Afrika. Maar op sommige departemente in Europa word die alarmklokkies reeds gelui.

Sedert die dood van president Chavèz van Venezuela raak die onderwerp weer aktueel. Die Burger het reeds in sy opiniekommentaar geskryf dat Chavèz geen goeie vriend is nie. Dit maak nie saak vir die bande tussen Venezuela en Suid-Afrika nie, want die ANC het baie lekker energiekontrakte gesluit. Toe ek in Suid-Afrika was, het ek gewonder hoekom die petrolprys is so laag (in Nederland betaal ons R25 p/l). Maar julle voer goedkoop olie en petrol in, nie net van Iran, maar ook van Venezuela! Julle is afhanklik van daai kommunistiese diktatuur!

Julle het ook baie lekker kontakte met Kuba. Wat ‘n gruwel. Julle mediese personeel word in daardie land geskool. En dit terwyl al die Europese lande die kommunistiese diktatuur boikot. Maar dis ‘n andere storie.

Maar wat deel Chavèz, Suid-Afrika met die Europese departemente?

Dit gaan almal oor die Karibiese gebied. Die Republiek Frankryk, die Verenigde Koninkryk en die Koninkryk der Nederlande is ook onderdeel van die gebied. Nou het die Republiek Frankryk en die Verenigde Koninkryk nie baie sorge oor Chavèz nie, want hulle is ongeveer 1200 km verwyder van die Venezuolaanse kus. Maar dit is Nederland, wat op net 27 km van die Venezuolaanse kus ‘n klompie eilande besit.

En daai land van kaaskoppe, oorvloedige water en polders se weermag oefen jaarliks saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Karoo.

En daai land van die reënboog, misdaad en korrupsie se weermag is (te) groot vriende met dié weermag, wat die meeste gevrees word deur Nederlandse weermag: Venezuela.

Die Suid-Amerikaanse land het al dikwels aanspraak gemaak op die Nederlandse gebiede in die Karibiese see. Maar Nederland bestuur die eilande al sedert 1634, toe Kaapstad én Venezuela nog nie eers bestaan het nie. In 2010 was daar amper oorlog toe Chavèz boos was weëns “Nederlandse vliegtuie in sy lugruim”. Met nadruk op die “”. Want dit was ‘n leuen van Chavèz. Hy het toe gedreig met oorlog. Die Nederlandse minister-president moes spesiaal na Caracas vlieg om die saak te bespreek. Gelukkig het geen oorlog gevolg nie.

Wel het Nederland sy elitetroepe in die gebied verdubbel en sy plaaslike vloot, wat gewoonlik die ou patrollieskip Hr.Ms. De Pelikaan) is, met die nuutste een (die Hr. Ms. Johan de Witt) versterk.

Die Nederlandse regering probeer alles om Suid-Afrika se regering uit kommunistiese hande te hou. Ongelukkig gebruik die Nederlandse regering die taktiek van die ou Engelse minister-president Chamberlain, wat met sy appeasementpolitiek nie die begin van Tweede Wêreldoorlog kon keer nie.

Nederland doen in Suid-Afrika dieselfde. “Bly vriende met die ANC.” Ongeag al die mense, wat in Nederland én Suid-Afrika om ander beleid roep. Ja, die Nederlandse media raak al hoe kritieser teen die ANC, die Nederlandse volk raak stadig pro-Afrikaans/Afrikaner. Die misstande word al hoe breër in die pers raakgesien. Selfs die ultra-linkse media is nie langer blind nie.

Maar die regering sluit sy oë. Nee, op taalgebied is hy aktief. Die Nederlandse minister van Buitelandse Sake is baie lief vir Afrikaans. Die Nederlandse regering opereer al hoe selfstandiger, los van die ANC-regering as dit om taalbeleid gaan.

En tog sluit die Nederlandse regering sy oë. Nee, die parlement nie. In 2011 het die regeringspartye ‘n mosie van die opposisie gekeer, wat sê die misdaad in Suid-Afrika moet gestop word, nes die ras-gebaseerde beleid wat die ANC voer. En die mosie het duidelik die ANC verantwoordelik gehou vir wat in Suid-Afrika gebeur. Van die 150 LP’s het 68 ingestem en 82 teen. In 2012 het die regeringspartye weer ‘n mosie gekeer – hierdie keer oor die korrupsie in die ANC-bestuurde regering. In 2013 het die regeringspartye wéér ‘n mosie gekeer, hierdie keer oor plaasmoorde en spesifiek oor Afrikaners. Die mosie was “te ras-gebaseerd” en het “ander volke, wat ook ly onder die misdaad en moorde, genegeer”. Ek moet saamstem met daai laaste argument.

Die Nederlandse regering gaan die opposisie nie baie lank meer kan beteuel nie. Verseker nie nou hy geen meerderheid het in die Eerste Kamer (die Nasionale Raad van Provincies) het nie. Die opposisiepartye is reeds baie lank boos, omdat die regering hul wense negeer, terwyl hy geen meerderheid in een van die parlemente het nie. As die regering nie wil saamwerk nie – en dis nie net met die beleid oor Suid-Afrika nie, maar ook op gebied van behuising, ekonomie, onderwys, ens. – gaan eendag die bom ontplof. Dan sal die regse partye eendag ‘n mosie deur die parlement kry, wat eensydig is en geen oplossings bied nie. Nie vir Afrikaners, nie vir Afrikaans, nie vir Nederland se belange in Suid-Afrika, vir niemand nie.

Dit is nie net belangrik vir Nederland nie, maar ook vir Suid-Afrika. Europa is immers Suid-Afrika se belangrikste handelsgenoot. As die Euro daal, daal die Rand se waarde. As ‘n Europees land oorlog kry met ‘n bondgenoot van Suid-Afrika, plof ook Suid-Afrika se ekonomie.

Dit is belangrik dat die Nederlandse regering nou ‘n duidelike standpunt vorm oor die ANC, die party se bestuurswyse en Suid-Afrika se buitelandbeleid.  Die antwoord van die Nederlandse regering moet allesomvattend wees: van die Afrikaanssprekende Venezolaan tot die Papiamentssprekende Zoeloe.

En ons benodig dit nou: dit is tyd vir aksie!

Posted in Uncategorized | Tagged , , , , , , , , , , , , | Lewer kommentaar

Suid-Afrika is ‘n moeilike land

Sug. Suid-Afrika. Moeilik land. Moeilik. Baie moeilik.

Ek is nou amper drie maande in die land. Maar dis wel een van die moeilikste lande op aarde. Die probleme, verhoudings, kontak tussen groepe. Hulle is dikwels problematies.

Mense, Afrikaners, is boos op my hoekom ons Hollanders “daai swart mense altyd steun”. My antwoord?

“Nee, ons doen nie. Ons is net teen rassisme”. En dan volg daar dikwels ‘n feitebetoog oor die land se moeilike verhoudings, korrupsie en al daai goed.

Sug. En dan volg ‘n betoog oor hoe “swart mense” misdaad veroorsaak. Oor moorde, diefstal, roof, aanrading, verkragting ens.

En dan dink ‘n mens dat dit veroorsaak word deur ras. Weer dieselfde antwoord van my kant. Nee. Wat van die Steenkamp-moordverdagte of die Sondagverkragter?

Nederlanders stem saam oor Suid-Afrika se probleme. Ons sien wat die Suid-Afrikaanse burgers daagliks beleef. Die oorsaak is egter nie die dikwels genoemde “inkompetensie van ras”. Nee, die oorsaak van die huidige probleme is die ANC! Die ANC wat wanbestuur veroorsaak en sy stryd teen armoede lankal verloor het weens korrupsie.

Dis hoekom ek daarvan hou om met ANC-aanhangers te debatteer. Hulle glo in die ANC. In die ANC se planne. As ek die ANC begin kritiseer, probeer hulle direk my kritiek te keer.

Maar ek ken my feite. En ‘n mens moet slim wees. Ek verklaar dat ek nie teen die ANC is nie, wat ek egter wel is, maar dit tersyde. Ek gooi dit standaard op die stukkende beleidtoepassing. En dit werk. Want ek ken die feite, danksy die akkurate beriggewing van Naspers se Afrikaanse redaksies.

Veral die korrupsie in die munisipaliteite werk goed. Vyf miljard Suid-Afrikaanse rand binne ‘n jaar. Net in die munisipaliteite. En dan sê die ANC-aanhangers die ANC jag op mense wat bedrog pleeg. Maar daar is nouliks mense wat ontslaan word weens korrupsie. Nee, hulle kry net ‘n ander pos. Met daardie feite is die ANC-aanhangers stil.

En die vergelyking met Nederland werk ook baie goed. Daardie ANC-aanhangers beskou die ANC as ‘n bestuur op eerste wêreldvlak. Om daardie mite na die begraafplaas te dra, werk argumente gebaseer op die menings van die Lomnin-stakers en die diensleweringoptogte baie goed.

Dis moeilik om altyd dieselfde te bly sê. Ek kan sommer nie my steun uitspreek vir AfriForum of Solidariteit nie. Ek kan egter ook nie altyd daardie positiewe, regverdige vooruitgang in transformasie verdedig. ANC-aanhangers en hul teenstanders sal my beide lynch.

Dit is die sterkste bewys van ‘n gebrek aan demokrasie. Want ek kan relatief veilig praat. Maar ek is “die buitelander” wat hom eintlik nie in Suid-Afrikaanse sake behoort in te meng nie. Maar Suid-Afrikaners praat nie. Mense debatteer net in hul woonkamers, agter hoë hekke.

Mense negeer mekaar se besluite en as hulle nie saamstem nie, word hulle boos. Die debat bestaan nie. Die debat bestaan net in die Naspers-koerante. Die ander koerante bly stil. Nes die debat tussen die verskillende bevolkingsgroepe. Mense moet oor hul hekke begin kyk, begin praat met hul bure.

Die vryheid van meningsuiting bestaan. Binne groepe. Maar nie tussen groepe nie. Almal het hul “heilige huisies”. En dit is gevaarlik om daardie “heilige huisies” te bevra. Hierdeur ontbreek die debat tussen groepe. Op straat, by die supermark, in die bus, daar is geen publieke debat nie. Kyk na watter nuus die grootste sondagkoerante bring as belangrikste nuus. Die nuus verskil. Die fokus op debat verskil. En dit is een van die grootste bedreigings van demokrasie.

Maar die grootste bedreiging bly nog altyd die ANC.

En Naspers se koerantredaksies bly sy grootste konkurrent. Een van die laaste magtige bewaarders van die demokrasie. Want net die media kan die gesprek, wat op hierdie oomblik baie swak en amper dood is, aanwakker, sodat die ANC uit die Uniegebou verwyder kan word.

As die ANC eendag die media kan beheer, is die publieke debat, die demokrasie dood en het die ANC sy ewige bestuur verseker. Om dit te verhoed, moet die mense in die land begin en bly debatteer.

Hierdie blog is eerste opgelaai op Nuus24-se webwerf.
Posted in Uncategorized | Tagged , , , , , , , , | 6 Kommentaar